WGO sal die week nuwe naam vir aap-pokke oorweeg

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê hy wil ‘n nuwe naam hê vir aap-pokke. Dit volg nadat wetenskaplikes gevra het vir ‘n dringende verandering van die naam wat hulle beskou as diskriminerend en vol stigma. Hulle is bekommerd oor die heersende siening in die media en wetenskaplike literatuur dat aap-pokke endemies is in mense in sekere Afrika-lande. Die programbestuurder vir noodreaksie by WGO se streekkantoor vir Afrika, Fiona Braka, sê hulle wil ontslae raak van die stigma wat aan die siekte kleef: