Geslagsgeweld weer in die nuus oor die naweek

Geslagsgeweld blyk om ‘n voortdurende probleem in Namibië te wees. Die moord van ‘n 37-jarige vrou en haar twee-jarige dogter, na bewering deur haar kêrel en die dogtertjie se pa, het die naweek groot reaksie uitgelok. Volgens Nampol het Simon Kandume sy meisie en sy dogter met ‘n mes aangeval en vermoor, en sy 13-jarige seun ernstig beseer. Die paartjie se vyf-jarige dogter was ‘n ooggetuie. Kandume het gevlug maar is deur owerhede gevind en gearresteer. Nog ‘n man, Daniel Ngomo, wat daarvan verdink word dat hy sy meisie twee maande gelede vermoor het is ook gevind en is agter tralies. Zack Itodo, ‘n aktivis wat daagliks werk om geslagsgeweld te bekamp, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die uitdagings.