WGO plaas tradisionele medisyne onder die loep

Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie Tedros Adhanom Ghebreyesus is in Gujarat in Indië by die WGO se wêreldberaad oor tradisionele medisyne. Ghebreyesus sê tradisionele medisyne moet met primêre gesondheidsorg ingesluit word. Hy sê die tipe medisyne is ook meer volhoubaar.