Wetenskaplike feite nodig vir seisoenale griep

‘n Nuwe studie wat deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in die buurland gedoen is, toon hoe belangrik dit is om griep by pasiënte te bevestig al is hulle asimptomaties. Dit kan die las van die siekte wat in gemeenskappe en gesinne versprei word, verlig, want die oordrag kan beheer word. Die hoof van die Sentrum vir Respiratoriese Siektes en Meningitis, Cheryl Cohen, sê dit is belangrik om die wetenskaplike feite rondom die oordrag van seisoenale griep vas te stel sodat inentingsprogramme en nie-farmaseutiese ingrypings korrek uitgevoer kan word.