Ryderbeker-span wil Tiger as assistent hê

Gholf: Die kaptein van Amerika se Ryderbeker-span, Steve Stricker, hoop dat Tiger Woods steeds deel van die span sal wees as sy assistent. Die vyftienmalige Major-wenner herstel steeds van frakture in sy regterbeen nadat hy in Februarie in ‘n enkelvoertuig-ongeluk betrokke was.  Die kanse dat Woods in September gereed sal wees om in die Ryderbeker te speel, is skraal.  Stricker sê dit sal wonderlik wees as Woods steeds betrokke kan wees, omdat hy ‘n goeie kaptein was en ook ‘n ongelooflike assistent was tydens die Presidentsbeker in 2017.