Wes-Kaapse premier kap RuslandFebruary 16, 2023
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het weer die regering van Rusland gekritiseer vir die oorlog in Oekraïne. Dít tydens sy provinsiale rede vandag. Dit is ‘n jaar sedert Rusland die Oekraïne binnegeval het en duisende mense is reeds dood en miljoene ontheem. Winde het tydens sy toespraak ook spesifiek melding gemaak van die lewens wat verlore gegaan het weens die aardbewing in Turkye en Sirië.