Wes-Kaap gaan sektor vir maatskaplike ontwikkeling inent

Die Wes-Kaapse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Sharna Fernandez, sê die Wes-Kaap is gereed om met Covid-inentings in die provinsie se sektor vir maatskaplike ontwikkeling te begin. Hierdie program sal deur die Wes-Kaapse departement van gesondheid bestuur word, en begin eerskomende Donderdag. ‘n Woordvoerder, Joshua Chigome, sê hierdie sektor sal alle professionele persone in die maatskaplike diens, praktisyns en personeel in vroeë-kinderontwikkeling insluit, sowel as alle individue wat werksaam is by maatskaplike ontwikkelingsgeriewe.