Ineenstorting van openbare vervoer in Wes-Kaap plaas druk op taxi-bedryf

Die Demokratiese Alliansie in die Wes-Kaap het die LUR van vervoer, Daylin Mitchell, en minister Fikile Mbalula geloof omdat hulle sedert Vrydag met rolspelers in die taxibedryf vergader het. Dit volg nadat geweld die sektor sedert die begin van die jaar teister. Daar was ‘n toename van 16 persent in taxigebruik wat saamval met ‘n afname van 64 persent in die gebruik van treine. ‘n DA-segspersoon, Ricardo Mackenzie, sê die ineenstorting van openbare vervoer se infrastruktuur plaas groot druk op taxi-operateurs.