Wes-Kaap: 29 slagoffers in 25 padongelukkeJuly 18, 2023
Die Wes-Kaap se LUR vir mobiliteit, Ricardo Mackenzie, sê 29 mense is die afgelope week in 25 padongelukke op die provinsie se paaie dood. Tien voertuie is geskut en 176 is weens onpadwaardigheid geskrap. Mackenzie sê in een geval is drie mense dood toe ‘n minibus by De Doorns van agter in ‘n vragmotor vasgery het.