Wes-Kaap: 240 kinders dwaal weg in openbare plekke

Die departement maatskaplike ontwikkeling in die Wes-Kaap sê die groot aantal kinders wat in openbare plekke weggeraak het van hulle ouers af, wek kommer. Die afgelope naweek het meer as 240 kinders van hulle gesinne af weggedwaal. Baie van die voorvalle het gebeur op strande soos Monwabisi, die Strand, Kampsbaai en Muizenberg. Die woordvoerder Monique Mortlock-Malgas sê gelukkig is die kinders later herenig met hulle mense.