Beseerde Ierse rugbykaptein dalk uit Sesnasies

Rugby: Ierland se kaptein, Johnny Sexton, is beseer en dis onseker of hy aan die Sesnasies sal kan deelneem. Sexton se klub, Leinster, het bevestig die losskakel sal nie in die komende wedstryd teen die Ospreys in die Verenigde Rugbykampioenskap kan speel nie. Hy het op Nuwejaarsdag ʼn besering aan sy gesig opgedoen in Leinster se wedstryd teen Connacht. Die 37-jarige is kort daarna vervang omdat hy sy wangbeen gebreek het. Hy het ʼn operasie ondergaan en word gemonitor.