WEF: Wêreldwye energiekrisis heers 

Energiekenners by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, sê daar is ‘n wêreldwye energiekrisis in ‘n aantal lande in die wêreld. Die uitvoerende direkteur van die internasionale energie-agentskap, Fatih Birol, het aan afgevaardigdes gesê daar word meer beperkings vanjaar verwag aangesien die Russies-Oekraïnse inval die huidige energiekrisis vererger. Die oorlog het druk op olie- en aardgasvoorrade en -pryse geplaas namate Rusland te kampe gehad het met toenemende sanksies.