Herrie los in die VSA, Trump en Musk baklei, hardJune 6, 2025
‘n Openbare bekgeveg het tussen Elon Musk en Amerikaanse president Donald Trump uitgebreek nadat Musk Trump se sogenaamde “One Big Beautiful Bill” gekritiseer het. Musk het uitgevaar op X en Trump met Jeffrey Epstein verbind, gevra dat hy in ‘n staat van beskuldiging geplaas word en ‘n peiling opgestel om ‘n nuwe party te stig. Trump het by ‘n Withuis-perskonferensie met die Duitse kanselier Friedrich Merz oor die aangeleentheid gepraat.
Maar, Trump se aanmerkings is onwaar. Musk het reeds in Desember 2021 met die Wall Street Journal oor krediete en subsidies vir elektriese voertuie gepraat en gesê dit moet geskrap word.
Musk sê verder hy het nooit die wetsontwerp gesien nie, en Trump sou die verkiesing verloor het sonder sy hulp en finansiële bystand.