Weduwee se hofsaak teen Harvey Boulter weer vertraag

Die hoërhofsaak waar die weduwee van sy voorman, Gerhard van Wyk, die Britse miljardêr Harvey Boulter dagvaar vir meer as 70 miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding na die dood van haar man, waarvoor Boulter vir moord aangekla is, sal vandag na verwagting uitgestel word. Die eksepsie wat deur Boulter teen Van Wyk se eis gebring is sou onder oorweging gekom het maar, haar prokureur is op kraamverlof. Boulter sê Van Wyk se eis is vaag en van die eise stel haar in ‘n verleentheid. Hy maak veral melding van verlies aan inkomste. In sommige van haar eise, sê hy is daar nie melding gemaak teen watter respondent die eis gemaak word nie. Van Wyk het in tussen teruggekap en voer aan dat Boulter versuim het om te voldoen aan die streng vereiste dat die grondslag van ‘n eksepsie sonder uitsondering duidelik moet wees. Sy beskuldig hom daarvan dat hy generiese en nie-spesifieke bewerings maak en nie duidelike definisies gee nie. Regter Orben Sibeya hoor die saak aan. Die 54-jarige Gerhard van Wyk is op 27 Februarie 2021 dood na hy na bewering deur Boulter geskiet is op Boulter se plaas naby Kamanjab.