Wassers van vuil sigaretgeld aangekla
Die stigter van Tax Justice SA, Yusuf Abramjee, verwelkom die aankondiging deur Sasfin-bank dat hy strafregtelike aanklagte teen elf voormalige werknemers ingedien het vir hul beweerde betrokkenheid by die wassery van vuil geld van miljarde Suid-Afrikaanse rande uit onwettige sigarethandel. Abramjee doen ‘n beroep op die Nasionale Vervolgingsgesag om te verseker dat hierdie verdagtes so gou moontlik tereg staan en aanklagte word ook voorberei teen die misdaadbase wat hulle na bewering omgekoop het.