Wasserfall-moordbeskuldigdes soek borg

Die twee verdagtes in die Wasserfall-moordverhoor het gister voor landdros Vicky Nicolaides in die landdroshof op Walvisbaai verskyn. Azaan Madisia en haar jonger broer Steven Mulundu word aangekla van die moord op Shannon Wasserfall. Hulle het aangedui hulle gaan vandeesmaand vir borgtog aansoek doen. Volgens die staat het Mulundu sy suster gehelp om Wasserfall se liggaam te versteek. Die saak het opslae gemaak en gelei tot verskeie protesaksies aan die kus sowel as in die hoofstad. Die saak is tot 27 Julie uitgestel en die beskuldigdes bly in aanhouding.