Airlink-vliegtuig tref voël

Airlink het bevestig dat gisteraand se vlug 4Z 127 van Windhoek na Johannesburg tydens opstyging ‘n voël getref het en weer veilig om 18:37 op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako geland het. Al 27 passasiers en die vier bemanningslede is veilig, sê Karin Murray, bemarkingsbestuurder van Airlink. Die lugredery het ‘n ander vliegtuig na Windhoek gestuur om die passasiers later die aand na Johannesburg te vlieg. Airlink vra verskoning vir die ongerief.