Kommer oor Angolese vlugtelinge

Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, vergesel tans die minister van binnelandse sake, immgirasie, veiligheid en sekuriteit, Albert Kawana, op sy reis na die Noorde. Ndeitunga sê die situasie met die Angolese vlugtelinge is kritiek. Hy het gesê Angolese stroom oor die grens vir hulp, maar ander kom met voorbedagte rade. Hy verduidelik sy kommer aan Kosmos 94.1 Nuus.