‘Waak teen onwettige goedere by grense’

Die buurland se polisie-minister, Bheki Cele, het ‘n oproep gedoen om streng wetstoepassing ná ‘n toename in vals goedere in Suid-Afrika. Die polisie het onlangs beslag gelê op 80 miljoen Suid-Afrikaanse rand se dwelms by ‘n pakhuis by die Dube Handelshawe by die King Shaka Internasionale Lughawe. Polisie het skeepshouers gemonitor wat die land uit Brasilië binnegekom het via die Durbanse Hawe. Cele sê die meeste onwettige goedere, wat onwettige sigarette, alkohol en dwelms insluit, kom Suid-Afrika binne deur die grense en die hawens.