Vyf vermeende rowers dood in skietgeveg op Okahandja

Vyf vermeende rowers is op Okahandja doodgeskiet deur lede van die ernstige misdaadeenheid van die Namibiese polisie en lede van die Stadspolisie. Dit was die gevolg van ‘n mislukte poging om ‘n dobbelhuis in die hoofstad te beroof. Die rowers het gevlug en is deur lede van die mag agtervolg. Die skietery het blykbaar naby Piet’s Biltong op Okahandja plaasgevind. Daar word beweer die rowers het eerste op die polisie geskiet. Een verdagte het gevlug maar die polisie is op sy spoor.