140% meer massaskietvoorvalle in SA

Massaskietvoorvalle in Suid-Afrika het volgens berigte verlede jaar met 140 persent toegeneem. Die onlangse moord op tien mense in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, het sedertdien bygedra tot die kommerwekkende neiging. Die Instituut vir Sekerheidstudies waarsku veelvuldige moorde weerspieël ‘n beduidende verskuiwing in geweldsmisdaad. ‘n Navorser in Wetstoepassing en Openbare Veiligheid, David Bruce, sê hierdie misdade word gekenmerk deur die verspreiding van vuurwapens en verskanste georganiseerde misdaad in sekere provinsies: