VSA stel verdere sanksies teen Niger in
Die Verenigde State sê hy sny ‘n groot deel van sy regeringsteun aan Niger weens die staatsgreep en weiering van die militêre leiers om die afgesette president Mohamed Bazoum en sy gesin vry te laat. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, het telefonies met Bazoum, wat onder huisarres is, gepraat. Die VSA het nie veel vordering sedert die staatsgreep gemaak nie en met nie veel om te benut nie, het die land nuwe sanksies teen Niger ingestel.