VSA Ope: Dis Medvedev teen DjokovicSeptember 9, 2023
Die Rus Daniil Medvedev het die wêreld se nommer een, top-gekeurde en verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, ‘n skok-nederlaag op die Amerikaanse Ope toegedien en ‘n eindstryd ingepalm teen die drie-malige kampioen, Novak Djokovic van Serwië. Die derde gekeurde kampioen van 2021 het die jong Spanjaard in vier stelle geklop – 7-6, 6-1, 3-6, 6-3. Vroeër het Djokovic maklik klaargespeel met die plaaslike speler Ben Shelton en in skoon stelle gewen. In die vroue-afdeling kom die tweede-gekeurde Aryna Sabalenka van Belarus en die sesde gekeurde Amerikaner Coco Gauff vanaand in die eindstryd teen mekaar te staan.