Vrese oor resessie, rentekoerse stoot Brentprys af

Brent ru-olie het vandag teruggesak op vrese oor dreigende rentekoersverhogings deur groot sentrale banke en tekens van sterk Russiese olie-uitvoere. Beleggers verwag dat die Federale Reserweraad in die VSA Woensdag koerse met 25 basispunte sal verhoog, en die dag daarna, gevolg deur halfpuntverhogings deur die Bank van Engeland en die Europese Sentrale Bank. Brent verhandel tans rondom 86 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die mark het ook onder druk gekom na aanduidings van ‘n sterk Russiese aanbod, ten spyte van ‘n EU-verbod en G7-prysbeperking wat opgelê is op sy olie.