Vordering met looneise van motorwerkers
Onderhandelaars vir die United Auto Workers en die Ford Motor Company in die VSA sê daar was redelik produktiewe besprekings oor die vakbond se looneise. Ongeveer 12 700 vakbondlede het Saterdag vir ‘n tweede dag gestaak as deel van ‘n gekoördineerde arbeidsaksie wat drie Amerikaanse monteeraanlegte teiken – een by elk van die sogenaamde Detroit Three-motorvervaardigers. President Joe Biden het sy ondersteuning aan die werkers uitgespreek en sê die maatskappye deel nie hul winste met werkers nie. Jim Farley, uitvoerende hoof van Ford, het Donderdag gesê die vakbond se voorstelle sal die maatskappy tot bankrotskap dryf.