Voorsien jou eie krag asb

‘n Energiekenner in Suid-Afrika sê verbruikers moet meer onafhanklik raak in hul elektrisiteitvoorsiening, want alles dui daarop dat nog kragonderbrekings op pad is ná gister se probleme by die Medupi-kragstasie. ‘n Woordvoerder van Hohm Energy, Ryan Steytler, sê gebrekkige onderhoud aan Eskom-stasies maak beurtkrag is ‘n werklikheid. Hy glo verbruikers kan nie net op munisipaliteite staatmaak om krag te verseker nie, aangesien dit ook koste-implikasies inhou. Steytler sê verbruikers moet selfonderhoudend en omgewingsbewus word: