Zverev moet hom ‘n jaar gedra, of…

Die ATP het die wêreld se nommer drie, Alexander Zverev, ‘n opgeskorte verbod van agt weke en ‘n bykomende boete opgelê vir sy gedrag by die Mexikaanse Ope in Acapulco verlede maand. Die Duitser het met sy raket herhaalde keer teen die skeidsregter se stoel geslaan ná sy dubbelspel-nederlaag. Dit het tot gevolg gehad dat hy gediskwalifiseer en beboet is. Die ATP sê die boete en skorsing word opgeskort op voorwaarde dat Zverev oor ‘n proeftydperk van een jaar nie weer kodes oortree wat tot ‘n boete vir gebrek aan sportmansgees lei nie.