Voormalige Air Namibië-vlieëniers is steeds in die duister

Voormalige Air Namibia-vlieëniers is steeds in die duister oor hul benarde werkloosheidsituasie nadat die nasionale lugredery gelikwideer is. Air Namibia skuld die vlieëniers nog steeds hul afleggingspakkette. Dit is ook nog onduidelik of die Suid-Afrikaanse maatskappy BDS se aanbod om Air Namibia te koop aanvaar of van die hand gewys is. Kosmos 94.1 Nuus het aan Manuel Prenzlow, die president van die Namibiese Lugredery-vlieëniersvereniging gevra as die BDS-transaksie oorweeg word, sal dit die proses bespoedig om hul geld van Air Namibia te kry? Hy het só geantwoord.

Prenzlow voeg by dat sommige vlieëniers poste in die buiteland aanvaar het.