Volhoubaarheid van 3 staatsinstellings bedreig

Ekonome meen dat die drie staatsinstellings, die Paaie-owerheid, die Padfonds-administrasie en die Motorvoertuig Ongelukkefonds in die toekoms uitdagings met volhoubaarheid sal ervaar. Dit is omdat die regering poog om 103 500 elektriese voertuie teen 2025 op die land se paaie te hê en die wat normale voertuie besit werk of van die huis af of ry om die beurt met kollegas en vriende. Dus, sal die drie instellings, wat staatmaak op brandstofheffings, nuwe bronne van inkomste moet identifiseer. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu van Unam se ekonomiese fakulteit gesels.