Voëlgriep: Vakbond vra entstowwe om impak op werkers te verlig
Die voedsel- en verwante werkers-vakbond Fawu doen ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse regering om entstowwe vinnig beskikbaar te stel om die verspreiding van voëlgriep te keer. Die adjunk-sekretaris-generaal van Fawu, Vuka Chonco, beklemtoon die noodsaaklikheid van staatsingryping om ondersteuning te bied aan boere en ondernemings wat met die uitbreking worstel. Chonco verduidelik die uitbreking het ‘n ernstige tol op die sektor geëis. Hy sê die situasie is erg vir ekonomies-benadeelde huishoudings wat op hoender as hul primêre bron van proteïne staatmaak.