Gesondheid gedagvaar vir N$1,5m oor verlore oogJune 5, 2025

Nog ‘n skadevergoeding saak draai in die hoërhof teen die gesondheidsministerie. Werner Haufiku sê hy was op 9 Oktober 2021 in ‘n motorongeluk betrokke en het die Oshakati-staatshospitaal op 10 Oktober besoek met ‘n erge besering in sy linkeroog. Hy het teruggekeer op 14 Oktober en teen daardie tyd het hy gebruik van sy oog verloor. Met hulp van die Motorvoertuig Ongelukkefonds is hy op 23 Oktober in Windhoek opgeneem en het twee operasies ondergaan maar steeds die gebruik van sy oog verloor. Hy dagvaar vir 1,5 miljoen Namibiese dollar in verlore inkomste, sowel as toekomstige inkomste, en trauma omdat die mediese personeel hom nie na ‘n spesialis verwys het nie en ook nie korrek behandel het nie. Die saak word verdedig.