Princess Cruises skort dagverlof vir Zim-personeel op, hulle klim af in KanadaJune 5, 2025
Princess Cruises het dagverlof vir al sy Zimbabwiese personeel by Kanadese hawens opgeskort. In ‘n verklaring sê die maatskappy die vlakke van verlating deur die spesifieke groep van sy personeel op sy vaartuie wek kommer. Dit vind net plaas wanneer die skepe aandoen in Kanada en plaas die maatskappy se diens aanboord en sy verhouding met die land, in gedrang. Alle Zimbabwiese personeel sal die vloot verlaat by hawens wat nie Kanadees is nie en sal vervang word met ander personeel. Die redes vir die verlatings is nie bekend nie maar dit kan wees dat die landsburgers moontlik asiel soek in Kanada.