VN-vroue het groot kommer oor Gaza

Sedert geweld en verwoesting uitgebreek het, is byna 493 000 vroue en meisies in Gaza ontwortel. Dit is volgens die Verenigde Nasies se afdeling vir geslagsgelykheid en die bemagtiging van vroue. Die eenheid beraam ook dat die geweld tussen Israel en Hamas veroorsaak het dat sowat 900 nuwe huishoudings nou ʼn vrou as hoof het. Die VN-vroue sê dit beteken daar is ʼn groter risiko vir geslagsgeweld en seksuele en arbeidsuitbuiting, mensehandel en gedwonge huwelike.