Vier vermeende beesdiewe van Otavi vasgetrek

Vier vermeende beesdiewe is op ‘n plaas naby Otavi in hegtenis geneem nadat hulle glo 69 Bonsmara- en Santa Gertrudis-beeste van die plaas onwettig oor vier maande verkoop het. Die verdagtes sal dié week in die Otavi-landdroshof verskyn. Die verdagtes is 25, 27, 34 en 52 jaar oud en is beeswagters op die plaas Hohental, waar hulle ook woon. Die totale verlies op hierdie beeste is sowat 1,2 miljoen Namibiese dollar. Die beeste is na bewering tussen Mei en Augustus vanjaar na ‘n veilingskraal by Otavi vervoer, waar dit verkoop is. Die beeste is nog nie opgespoor nie en die polisieondersoek duur voort.