Nampol soek na vermeende swendelaar

Die Namibiese polisie soek die publiek se hulp om ‘n vermeende swendelaar Erickson Ndiiweda Hifivali op te spoor. Hifivali is ’n Namibiër en is 1,8 meter lank met ’n  ligte vel. Hy is van Ondombe in die Ohangwena-streek. Hy word in Windhoek gesoek op klagte van bedrog ter waarde van 96 000 Namibiese dollar. Enige iemand met inligting oor waar hy hom bevind, kan die naaste polisiestasie kontak.