Wagner se hoofkwartiere in die ooste van Oekraïne aangeval

Oekraïnse artillerie het ‘n hoofkwartier van Rusland se Wagner paramilitêre groep huursoldate in die ooste van die Oekraïne verwoes. Volgens berigte is die omvang van die skade nie duidelik nie. Daar is tot 10 000 van die huursoldate bedrywig in die Oekraïne. Michael Clarke, voormalige direkteur-generaal van die Britse verdedigings dinkskrum Rusi, verduidelik watter rol die soldate in die oorlog speel.