Vier ure se selfmoord-drama in Okahandja-park

Inwoners van Okahandja-park net noord van die hoofstad het Dinsdagnamiddag met skok verneem dat ‘n 25-jarige man teen ‘n hoë-spanning elektriese ankermas opgeklim het om selfmoord te pleeg. Owerhede van die Stad het ‘n hyskraan gebring maar hy het dit herhaaldelik ontduik. Gemeenskapslede en sy familie en vriende het hom geroep en met hom gepraat wat sy aandag afgetrek het en ‘n afdiens polisieman, ongeveer vier ure na die drama begin het, het daarin geslaag om hom vas te gryp en te keer dat hy spring. Hy is afgevoer hospitaal toe vir psigiatriese evaluasies. Die polisie sê die oorsaak van die poging tot selfmoord was ‘n bakleiery met sy ma.