B2Gold verdubbel mielieoesJune 5, 2025
B2Gold Namibia het begin met die oes van mielies op die plaas Erhardshof, geleë langs sy Otjikoto-goudmyn, met die maatskappy wat ‘n opbrengs van byna 2 000 metrieke ton witmielies uit sy besproeiingskema voorspel. Die myn se landbestuurder en direkteur, John Roos, skryf die sukses aan B2Gold se fokus op langtermyn volhoubaarheid. Hy sê hulle myn wel goud maar om aan die toekoms te dink is die belangrikste en dit is om voedselonsekerheid in Namibië op te los. Verlede jaar het die myn ongeveer 1 100 ton witmielies geproduseer.