Vervoerministerie bied veilings vir spoorwegstawe aanFebruary 20, 2023
Die Namibiese ministerie van werke en vervoer bied vandeesweek openbare veilings aan vir spoorwegstawe. Môreoggend om tien-uur vind die veiling vir onder meer staal- en beton-spoorwegstawe op die Arandis-spoorwegstasie plaas. Woensdag se veiling vir staal-spoorwegstawe vind by die Usakos-stasie plaas en Donderdag kom die veiling op Omaruru-stasie aan die beurt. Die ministerie se veiling-administrateur Joseph Tomas het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.