ReconAfrica bied C$10 miljoen aandele aan om eksplorasie te befondsJune 5, 2025

ReconAfrica het ‘n 10 miljoen Kanadese dollar oornag aanbod van aandele aangekondig. Die primêre eksplorasie-projek wat met ‘n deel van die opbrengs befonds sal word, is boorwerk by Prospect 1 in noord-oos Namibië, wat hernoem is na die Kavango-Wes 1X put. BW Energy, wat reeds ‘n 20 persent belang in PEL 73 in noordoos Namibië het, waar ReconAfrica besig is met die Naingopo-eksplorasieput, neem ook aan die aandeel-transaksie deel. ReconAfrica sê die aanbod onderstreep hulle vertroue in die potensiaal van die Kavango-Wes 1X put. BW Energy, wat beplan om vier putte te boor in sy aflandige Kudu-gasveld, sê die samewerking in Kavango-Wes sal hom help met die beplande eksplorasie en ontwikkeling in die Kudu-gasveld.