Namibië maak plan met digitale veiligheid, KIJune 5, 2025

Nasionale Vergadering-speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila sê Namibië is besig om wette te ontwikkel om kunsmatige intelligensie en digitale veiligheid te rig. Sy het by die 57ste plenêre vergadering van die SAOG Parlementêre Forum in Victoria Falls, Zimbabwe gepraat. Sy sê hierdie pogings vorm deel van ‘n breër strategie om bestuur te moderniseer en die risiko’s wat aan digitale tegnologieë gekoppel is, te bestuur. Die instrumente word ondersteun deur hervormings aan die Kommunikasiewet en die bekendstelling van ‘n nasionale strategie vir kunsmatige intelligensie. ‘n Nasionale Raad vir Kunsmatige Intelligensie en tegniese werkgroepe sal die implementering daarvan lei.