Verskeping van skaap op-die-hoef reeds gekelder

Die omstrede voorlegging om duisende skaap na Namibië in te voer en na die Midde-Ooste te verskeep, blyk om reeds gekelder te wees voor dit begin het. Die voorlegging het reeds baie teenstand van diereregte groepe ontvang met ‘n petisie wat ook onderteken word om dit te verhoed maar, die status van Suid-Afrika as ‘n land met bek- en klouseer sal die invoer van skaap verhoed. Die adjunkvoorsitter van die Lewendehawe Produsentevereniging Jaco van Wyk het aan plaaslike media bevestig geen lewende diere ingevoer kan word nie, wat ook kritiek is vir Namibië se landboubedryf om bek- en klouseer vry te wees. Die status van Suid-Afrika sal nie binnekort verander nie. Die verskeping van lewendige vee word deur diereregte aktiviste as uiters wreed beskyf.