Ondersoek, uitslae in Noa-saak nog nie voltooi nie

Die Namibiese polisie is steeds besig met sy ondersoek na die verkragtingsaak van die leerlingdokter Dennis Noa. Die aanklaer het aan landdros Niinja Hochobes gesê net vyf verklarings van getuies is reeds ontvang en die staat wag nog op laboratorium-uitslae. Noa, wat daarvan verdink word dat hy ‘n manlike breinbeseerde pasiënt by die Katutura-hospitaal verkrag het, se 10 000 borg is verleng en Hochobes het die saak tot 15 Desember, vir die laaste keer, uitgestel.