SA se inentingsertifikaat is op pad

Suid-Afrika het om middernag van aangepaste inperkingsvlak twee na aangepaste inperkingsvlak een verskuif. Die aandklokreël is nou van 12-uur middernag tot vier-uur in die oggend van krag. Nie-noodsaaklike ondernemings, soos restaurante, kroeë en fiksheidssentrums, sal 11-uur saans moet sluit. Die maksimum aantal mense wat binnenshuis mag vergader, is nou 750, met 2 000 wat by byeenkomste in die buitelug toegelaat sal word. Alkohol kan weer volgens normale lisensiebepalings verkoop word vir tuisverbruik en by openbare drinkplekke. President Cyril Ramaphosa sê die Departement van Gesondheid sal binnekort ‘n inentingsertifikaat bekendstel: