Verskeie voorvalle van stropery bevestig
Die Namibiese polisie het verskeie voorvalle van vee- en wilddiefstal oor die naweek bevestig. Op Swakopmund in Mondesa, is ‘n 42-jarige man vas vir die besit van twee gemsbok-karkasse ter waarde van meer as 10 600 Namibiese dollar terwyl daar op plaas Goudini in die Hardap-streek twee Namibiërs gearresteer is vir die slag van vyf skaap. Net twee karkasse is teruggevind. Naby Maltahöhe is vier mans vasgetrek met een skaap- en drie bokkarkasse en naby Omaruru is drie bees geslag met net die koppe, velle en binnegoed wat gevind is. Geen verdagtes is in hegtenis geneem nie en daardie ondersoek duur ook voort. Op Katima Mulilo is twee mans by die Liselo-padblokkade gevang met die karkasse van twee rietbokke. ‘n Jaggeweer is ook hul besit gevind sowel as ‘n 9mm pistool, flitse en messe. Die twee sal vandag in die hof op die dorp verskyn.