Verskeie roetes weer herstel, sê RA

Die Paaie-owerheid sê dat herstelwerk aan paaie wat deur die reën beskadig is, goed op dreef is maar sommige paaie is steeds net met 4×4-bakkies begaanbaar. Die owerheid se korporatiewe kommunikasiebeampte, Hileni Fillemon, sê die pad vanaf Uis na Khorixas op die Ugab-brug, is tans slegs begaanbaar met 4×4-voertuie maar die DR 2612 in die Twyfelfontein-gebied, is ten volle herstel. So ook die suidelike deel van die Aba-Huab-rivier roete. Aan die noordelike kant is slegs 4×4 voertuie toegelaat. Die MR 128 Palmwag-Sesfontein roete by die Skelmrivier oorstroom steeds en is gesluit terwyl die MR126-pad tussen Khorixas en Palmwag herstel is. In die Suide is die DR212 Aussenkehr- en Rosh Pinah-pad steeds vir alle verkeer gesluit is terwyl die Rosh Pinah en Oranjemund-pad is oop is. Motoriste word gemaan om versigtig te bestuur en hul reise voor die tyd te beplan.