Verskeie beweerde klagte teen vrou na tref-en-trap ongeluk op Walvisbaai

Die Namibiese polisie het bekendgemaak dat ‘n 28-jarige vrou op die oomblik op Walvisbaai in aanhouding is, en na verwagting môre in die hof sal verskyn op verskeie beweerde klagte, wat onder andere insluit, strafbare manslag, vlug van die ongelukstoneel af, en dat sy ‘n motor sonder rybewys bestuur het. Daar word beweer dat sy ‘n voetganger raakgery het wat Moses Garoebstraat op die kusdorp oorgesteek het, en dat sy weggery het van die ongelukstoneel af. Die slagoffer het ernstige beserings opgedoen en is na die Walvisbaai-staatshospitaal geneem, waar hy kort ná sy aankoms oorlede is. Die oorledene is geïdentifiseer as, ‘n 62 -jarige man en inwoner van Walvisbaai.