Verdoemende bevindings in BLO-vliegongeluk in Outeniquaberge

Verdoemende bevindings het aan die lig gekom in ‘n ongeluksverslag oor die instandhouduing en lugvaardigheid van die vliegtuig waarin drie senior werknemers van die Burgerlike Lugvaart-owerheid twee jaar gelede in die Suid-Kaap omgekom het. Die ongeluk in Januarie 2020 in die Outeniquaberge naby George, het die lewens geëis van kaptein Thabiso Tolo, eerste offisier Tebogo Lekalakala en vlug-inspekteur Gugu Mnguni. Die minister van vervoer, Fikile Mbalula sê terwyl ander partye dalk teen die bevindings wil appelleer, moet hy die voorgeskrewe roete volg voor hy op verdere optrede besluit.