Titus Ndove is nuwe uitvoerende direkteur in finansministerie

Titus Ndove is as die nuwe uitvoerende direkteur in die Namibiese ministerie van finansies vanaf 1 Februarie aangestel. Hy maak sy terugkeer tot die staatsdiens nadat hy voorheen die adjunk- uitvoerende direkteur van staatsrekeninge en die ouditeur-generaal in die ministerie was. Daarna was hy die hoof van openbare sektor en mark-intelligensie by Standard Bank. Ndove het ‘n meestersgraad in finansiële ekonomie aan die Universiteit van Londen verwerf.