Verbruikers gemaan om versigtig te wees met krediet

Die Nasionale Kredietreguleerder in die buurland het verbruikers aangeraai om deeglik navorsing te doen voordat hulle instem om skuldhersiening te ondergaan sodat hul die gevolge daarvan verstaan. Daar was talle klagtes van verbruikers wat sonder hul toestemming onder skuldhersiening geplaas is. Mmadikwa Phoshoko van die reguleerder sê skuldberaders wat nie aan die wet voldoen nie, sal moontlik regskoste moet aangaan om verbruikers van die skuldhersieningsproses te verwyder: